Afrikaans (af)

     Betekenisse

Verdagmakery kan die volgende wees:

  • die daad om iemand anders skuldig te probeer bewys of skuldig te laat lyk op grond van geen of gebrekkige bewyse.
  • om iemand te diskrediteer.
  • om die goeie reputasie van iemand aan te val.

Die grondwoord van verdagmakery is "verdag".

Volgens die HAT is verdagmakery: die wek van agterdog,/verdenking/twyfel; insinuering.

Die daad of vermoede dat iets verkeerd is sonder enige bewyse of op grond van swak bewyse.

     Voorbeeldsinne

'n Veldtog van verdagmaking teen 'n kandidaat.

     Sinonieme

diskrediteer, insinuasie, vermoede, vervolging, in 'n slegte lig stel, agterdog skep, verdenking, twyfel saai, beskuldig

     Antonieme

verdedig, lojaal, vergewe, krediteer

     Afgeleide woorde

verdag, verdagte, verdagmakerye, verdagmaking, verdagmakinge


     Vertalings

Engels: casting of suspicion, reflection, insinuation, suspicion-mongering, impeachment