[1] 'n Aap (sjimpansee).

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  aap     ape    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  apie     apies  

  Uitspraak

    
(lêer)

  Woordafbreking

aap

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Primaat, 'n soogdier wat aan die mens verwant is.
  2. (figuurlik) 'n Idioot.

     Voorbeeldsinne

  1. Sommige ape leef uitsluitlik in bome, ander in die graslande; en die diëte verskil ook wyd, alhoewel almal omnivore is.
  2. Die ou is 'n regte aap.

     Spreekwoorde

«Die aap uit die mou laat.»
'n Geheim verklap.
«Die aapstuipe kry.»
Hewig ontstel.
«Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding»
Mooi klere of versierings verander nie iemand se karakter nie.
«Dit weet die aap se stert.»
Almal weet dit.
«Soveel van iets weet soos 'n aap van godsdiens.»
Heeltemal niks weet van 'n saak nie.

     Meronieme

mensaap

     Vertalings

  Vertalings:    aap
Engels: monkey(en), ape(en), primate(en)
Duits: Affe(de)
Japannees: (ja)
Nederlands aap(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor aap.