Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  antwoord     antwoorde    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  antwoordjie     antwoordjies  

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈɐnt.vuə̯rt]

  Woordafbreking

ant•woord

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Reaksie op 'n vraag; van repliek voorsien (mondeling of skriftelik).
  2. Oplossing vir 'n gestelde probleem.
  3. Weerklank; eggo.

     Voorbeeldsinne

  1. Begin jou antwoord op 'n skoon bladsy. Ek skuld jou nog 'n antwoord.
  2. Die regering kon nog geen goeie antwoorde oor die skielike watersnood verskaf nie.
  3. Waar die kranse antwoord gee.

     Antonieme

vraag

     Spreekwoorde

«Ek bly jou 'n antwoord skuldig.»
Vasgevra wees; nie weet hoe om te reageer nie.
«Stilbly is ook 'n antwoord
Deur stil te bly is dikwels ook betekenisvol.

     Vertalings

  Vertalings:    antwoord
Engels: answer(en), reply(en)
Nederlands: antwoord(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  antwoord 
Verlede Tyd  ek   het geantwoord    
Teenwoordige deelwoord antwoordende     

  Werkwoord

     Betekenisse

Op 'n vraag reageer; repliek lewer.

     Voorbeeldsinne

Die kinders antwoord die onderwyser se vrae foutloos.

     Vertalings

  Vertalings:    antwoord
Engels: answer(en)
Nederlands: antwoorden(nl)