'n Dwarrelwind.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  dwarrelwind     dwarrelwinde    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  dwarrelwindjie     dwarrelwindjies  

  Woordafbreking

dwar•rel•wind

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(weer) Lugstroom wat draai en kolk, kleiner in omvang as 'n tornado of orkaan.

     Voorbeeldsinne

Tornado's is verwoestende dwarrelwinde, wat gedurende die reënseisoen op die vastelande en eilande van Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese See voorkom.

     Sinonieme

warrelwind

     Vertalings

  Vertalings:    dwarrelwind
Engels: whirlwind(en)
Nederlands: wervelwind(nl)