hoor
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | hoor |
Verlede Tyd | ek | het gehoor |
Onbepaalde wys | te hore |
- hoor
- Klanke met die ore waarneem sonder om noodwendig te luister (aandag te skenk).
- Doofheid is 'n onvermoë of verminderde vermoë om te hoor, oftewel ouditiewe inligting waar te neem.
- 'n Voëltjie hoor fluit ('n gerug gehoor).
- Jy kan 'n speld hoor val (baie stil).
- Jy sal nooit die end daarvan hoor nie (sal aanhou gespot of verwyt word).
- Uit die mond van die suigeling, sal jy die waarheid hoor (kinders steek niks weg nie).
- Wie nie wil hoor nie, moet voel (ongehoorsaamheid moet hy gestraf word).
- Ek ken hom net van hoor (van iemand weet, sonder jy kennis gemaak het).
- Die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang (te hore kry, maar nie die besonderhede ken nie).
- Praat van 'n engel en jy hoor sy vlerke klap (as iemand waaroor geskinder word onverwags verskyn).
- Van hoor en sê, lieg mens veel (deur oorvertel word baie onwaarhede versprei).
- As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly (as samesweerders stry, openbaar hulle mekaar se geheime).
Vertalings: hoor | |||
---|---|---|---|
Tussenwerpsel |
---|
hoor! |
- Hulp:IPA: [ɦɔːr]
-
(lêer)
- Vra om te luister
- Bevestig 'n verduideliking.
- 1.: «Hoor! Een nachtegaal!»
- Hoor! 'n Nagtegaal!
- 2.: «Dit is niet waar, hoor!»
- Dis nie waar nie, hoor!
- eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van horen
- (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van horen
- gebiedende wys van horen
- 1.: Ik hoor.
- 2.: Hoor je?
- 3.: Hoor!.