[2] 'n Kok.

Afrikaans (af)

  Woordafbreking

kok
Enkelvoud Meervoud
  kok     kokke, koks    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kokkie     kokkies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (kookkuns) (palindroom) Iemand wat voedsel tot 'n maaltyd voorberei.
  2. (beroepe) Persoon wat in 'n restaurant of ander eetplek kook; wie se beroep dit is om vir ander kos te maak.

     Voorbeeldsinne

  1. Hy het jag, visvang en timmerwerk geniet en was 'n buitengewoon goeie kok.
  2. Die beroemde kok van die Franse konings Karel V en Karel VI, Taillevent, se hoofwerk, Le Viandier, is die oudste kookboek van Frankryk.

     Spreekwoorde

«Honger is die beste kok
Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.
«Skraalhans is vandag die kok
Daar is vandag min om te eet.
«As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly.»
Wanneer twee samesweerders stry, openbaar hulle mekaar se geheime.

     Vertalings

  Vertalings:    kok
Engels: cook(en)
Fins: kokki(fi)
Nederlands: kok(nl)