Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  president     presidente    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  presidentjie     presidentjies  

  Etimologie

Uit Nederlands, president, ontleen uit Frans, président (staatshoof van 'n republiek; voorheen voorsitter, of wie aan die hoof staan), ontleen uit Latyn, praesidēns (genitief -entis), uit prae- (voor) en sedēre (om te sit). In Nederlands kon president in die betekenis "staatshoof" ook uit Amerikaans-Engels ontleen gewees het, waar die woord sedert 1787 voorkom, in die jaar waarin die grondwet van die VSA opgestel is.[1]

  Woordafbreking

pre•si•dent

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (politiek) Die staatshoof van 'n land.
  2. 'n Leier of voorsitter van 'n maatskappy of organisasie.

     Voorbeeldsinne

  1. Jacob Zuma was die president van Suid-Afrika.
  2. Sy is die president van die maatskappy.

     Homofone

presedent

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: president(en), chairman(en)
Nederlands: president(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor president.

  Verwysings