Afrikaans (af)

Bywoord
voetstoots

  Etimologie

Van Nederlands, om met die voet te stoot.

  Woordafbreking

voet•stoots

  Bywoord

     Betekenisse

  1. Sonder waarborg of voorwaardes; om iets met gebreke en al, nes dit voor die voete lê, te koop of te verkoop.
  2. (figuurlik) Blindelings sonder nadere ondersoek aanvaar; sommer net so.

     Voorbeeldsinne

  1. Ek het die motor voetstoots gekoop.
  2. Jy kan nie sy stories voetstoots aanvaar nie.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: voetstoots(en), voetstoets(en), as is(en)
Nederlands: voetstoots(nl)


Engels (en)

  Sien ook caveat emptor

.

  Bywoord

     Betekenisse

  1. (in Suid-Afrika) Voetstoots.

     Sinonieme

As is.