'n Ambulans.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  ambulans     ambulanse    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  ambulansie     ambulansies  

  Woordafbreking

am•bu•lans

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(medies) (vervoer) Voertuig wat gewondes of siekes van en na 'n hospitaal vervoer.

     Voorbeeldsinne

Die man word per ambulans met loeiende sirenes en flitsende ligte na die hospitaal gejaag.
Die ambulans is ingestuur om die gewondes van die slagveld te onttrek.

     Vertalings

  Vertalings:    ambulans
Engels: ambulance(en)
Nederlands: ambulance(nl)