Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   eerbiedig     eerbiedige     eerbiedigs    
Vergrotend   eerbiediger      
Oortreffend   eerbiedigste  

  Woordafbreking

eer•bie•dig

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

Eerbied koester of vertoon; met agting en respek handel.

     Voorbeeldsinne

Een van die eerbiedigste dinge in die lewe van 'n Jood is om die sabbat te onderhou.[1]

     Sinonieme

respekvol

     Antonieme

oneerbiedig

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: reverent(en) respectful(en), courteous(en), well-mannered(en)
Nederlands: eerbiedig(nl)
Bywoord
Stellend   eerbiedig  
Vergrotend   eerbiediger  
Oortreffend   eerbiedigst  

  Bywoord

     Betekenisse

Op eerbiedige wyse

     Voorbeeldsinne

Die man het eerbiedig sy hoof gebuig voordat hy begin bid het.
  Vertalings:   
Engels: reverently(en), respectfully(en)
Nederlands: eerbiedig(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  eerbiedig 
Verlede Tyd  ek   het geëerbiedig        

  Werkwoord

     Betekenisse

Eerbied hê of wys; respekteer; niks doen wat teen iemand se wil is of op sy regte inbreuk maak nie.

     Voorbeeldsinne

Dis belangrik om plaaslike tradisies en gebruike te eerbiedig.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: honor(en)
Nederlands: eerbiedigen(nl)

  Verwysings

  1. Bewyse oor die Christelike geloof Josh McDowell Christelike Uitgewersmpy, 2005, ISBN 1431608831, ISBN 9781431608836