element
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
element | elemente |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
elementjie | elementjies |
- ele•ment
- (chemie) 'n Stof wat net uit een soort atome bestaan en nie verder in ander stowwe verdeel kan word nie.
- Een van die vier klassieke elemente: water, lug, aarde of vuur.
- (tegniek) Deel van 'n elektriese toestel wat warm word.
- (wiskunde) 'n Onderdeel van 'n versameling.
- 'n Klein deel van iets.
- Die kleinste partikel van 'n element is 'n atoom, wat bestaan uit elektrone wat om 'n kern van protone en neutrone wentel.
- Lyk my die elemente is vandag teen ons.
- Die ketel se element het uitgebrand.
- Watter element pas nie in die versameling nie?
- Moskolonies is belangrike elemente' van talle ekostelsels, van die toendra tot die tropiese reënwoud.
Vertalings: element | |||
---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor element.