Twee grawe.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  graaf     grawe  

  Etimologie

Sedert begin 13de eeu in Middelnederlands as graf, graue, greve opgeteken. Dit was oorspronklik 'n amptenaar van die Frankiese konings, maar die amp het later erflik geword. Die woord kom waarskynlik van Latyn grāvius wat van bisantyns-Grieks grapheús (skrywer) stam.[1]

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(geskiedenis) 'n Adellike titel uit die feodale tydperk; edelman.

     Afgeleide woorde

graafskap

     Verwante woorde

gravin

     Vertalings

  Vertalings:   
Duits: Graf(de)
Engels: count(en)
Nederlands: graaf(nl)
Enkelvoud Meervoud
  graaf     grawe    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  grafie     grafies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(gereedskap) Waarmee ’n mens spit of grond skep.

     Voorbeeldsinne

'n Tipiese graaf het 'n lang handvatsel met 'n breë blad en 'n vastrapplek vir die voete bo-aan (waarmee die graaf in die grond in gedryf word).

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: shovel(en)
Nederlands: spade(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  graaf 
Verlede Tyd  ek   het gegraaf        

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. Om te spit; te delf; 'n gat met die hande of 'n werktuig in die grond maak.
  2. Krap; omwoel.

     Voorbeeldsinne

  1. Waarna graaf jy so naarstiglik?
  2. Hy graaf deur sy papiere.

     Spreekwoorde

Wie 'n put graaf vir 'n ander, val self daarin.
Wys waar Dawid die wortels gegraaf het (iemand berispe).

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: shovel(en)
Nederlands: graven(nl)

  Verwysings

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor graaf.


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord graaf m graven 
Verkleinwoord graafje graafjes 
Verouderde vorme
Genitief graven graven

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ɣraf]
    
(lêer)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(geskiedenis) Graaf; adelike persoon

     Afgeleide woorde

's-Gravenhage

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van graven
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van graven
  3. gebiedende wys van graven

     Voorbeeldsinne

1.: Ik graaf.
2.: Graaf je?
3.: Graaf!