Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  kies     kieste  

  Woordafbreking

kies

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

Gedeelte van die mond tussen die tandvleis en die wang.

     Voorbeeldsinne

'n Aansitter of aansitmotor word tong-in-die-kies 'n knormoer genoem. 'n Hamster wat op 'n keer 43 sojabone in sy kieste geprop; sy wange het so uitgestaan dat sy kop 'n derde van sy liggaamsgrootte was.

     Spreekwoorde

«Hy maak 'n looikuil van sy kies
Hy pruim tabak of kou kougom.

     Verwante woorde

kiestand

     Vertalings

  Vertalings:    kies
Engels: cheek(en)
Nederlands: wang(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  kies 
Verlede Tyd  ek   het gekies        

  Werkwoord

     Betekenisse

’n Keuse maak; uit 'n groep uitsoek; aan iets voorkeur gee.

     Voorbeeldsinne

Hy kies nie kant nie en neem nie aan die opstand deel nie.

     Spreekwoorde

«Die gulde middeweg kies
Vermy uiterstes en gematig te werk gaan.
«Die hasepad kies
Vlug, verdwyn of uit die voete maak.

     Vertalings

  Vertalings:    kies
Engels: choose(en)
Nederlands: kiezen(nl)


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord kies kiezen 
Verkleinwoord kiesje kiesjes

  Uitspraak

Hulp:IPA: [kis]
    
(lêer)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(anatomie) Kiestand; tand met meer as een punt

  Werkwoord

     Betekenisse

  1. eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van kiezen
  2. (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van kiezen
  3. gebiedende wys van kiezen

     Voorbeeldsinne

1.: Ik kies.
2.: Kies je?
3.: Kies!