'n Madagaskar-bontpaling.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  paling     palings    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  palinkie     palinkies  

  Etimologie

Sedert 1189/1190 in Oudnederlands opgeteken as paelding of paledinge. Dit gaan moontlik terug op Proto-Germaans *pathaling of *palathing, maar dit het selfs binne Germaans 'n beperkte verspreiding en is daarbuite in Proto-Indo-Europees onbekend. Dit is moontlik 'n substraatwoord. .[1]

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈpɑː.lɪŋ]

  Woordafbreking

pa•ling

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(visse) 'n Dun, langwerpige soort vis wat aan die genus   Anguilla in die familie   Anguillidae behoort.

     Voorbeeldsinne

Daar is vier spesies varswater-palings in Suidelike Afrika: die geelbekpaling (Anguilla mossambica), kortvinpaling (Anguilla bicolor bicolor), Afrika-bontpaling (Anguilla bengalensis labiata) en die Madagaskar-bontpaling (Anguilla marmorata).

     Spreekwoorde

So glad soos 'n paling (glibberig; kom met alles weg).
Aal is nog geen paling nie (nie gelyk aan sy meerdere nie).

     Vertalings

  Vertalings:    paling
Engels: eel(en)
Nederlands: paling(nl)

  Verwysings

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor paling.


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord paling m palingen 
Verkleinwoord palinkje palinkjes  
 

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈpa.lɪŋ]
    
(lêer)

  Woordafbreking

pa•ling

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(visse) Paling, vis uit die genus Anguilla, hoofsaaklik die Europese spesie   Anguilla anguilla.

     Voorbeeldsinne

«"Gerookte paling" en "paling in 't groen" zijn gewilde lekkernijen.»
"Gerookte paling" en "paling in die groen" is gewilde lekkernye.

     Sinonieme

aal