Pap van hawermout en melk.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  pap     pappe  

  Uitspraak

Hulp:IPA: [pɑːp]

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (palindroom) (voeding) Sagte kos van 'n graanproduk soos meel wat meestal saam met melk vir ontbyt genuttig word.
  2. Iets wat aan pap herinner.

     Voorbeeldsinne

  1. In Europa was pap vir sowat sewe eeue lank die stapelvoedsel van die oorgrote meerderheid van die bevolking.
  2. Meng tot 'n pap en wend aan.

     Spreekwoorde

«As dit pap reën, moet jy skep.»
Gryp elke geleentheid aan.
«Jy maak die pap te dik aan.»
Iets erg oordryf.
«Hy praat of hy pap in sy mond het.»
Onduidelik praat.
«Sy wil ook 'n hap van die pap hê.»
Wil ook voordeel uit die saak trek.
«As die pap dik is, brand dit aan.»
As 'n persoon te veel met 'n ander omgaan, kan dit tot kwaaivriendskap lei.
«Om iets draai soos 'n kat om warm pap
Iets baie graag wil hê, maar skrikkerig wees om dit te neem.
«Pap word altyd warmer gekook as wat dit geëet word.»
'n Saak word dikwels erger gemaak as wat dit is.
«Van die hand (lepel) na die mond val die pap op die grond.»
Moet nooit te seker van 'n saak wees nie. Dinge kan op die laaste oomblik nog verkeerd gaan.

     Hiponieme

mieliepap, maltabellapap hawermoutpap

     Vertalings

  Vertalings:    pap
Engels: porridge(en), paste(en), poultice(en)
Nederlands: pap(nl)
Xhosa: ipapa kl. 9
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   pap            
Vergrotend   papper      
Oortreffend   papste  

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

  1. Baie sag, selfs loperig.
  2. Swak en sonder krag; uitgeput.

     Voorbeeldsinne

  1. Die perske is pap.
  2. Sy is maar pap na die operasie.

     Vertalings

  Vertalings:    pap
Engels: soft(en), soaked(en)
Nederlands: zacht(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor pap.