'n Toebroodjie.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  toebroodjie     toebroodjies    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  toebroodjietjie     toebroodjietjies  

  Etimologie

Nuutskepping, gemunt deur M.E.R as Afrikaanse eweknie vir die Engelse sandwich. Volgens haar outobiografie, My beskeie deel (1972, bl. 208 tot 209): Ek self was skuldig aan die toebroodjie. Dit was toe ek in Die Burger se redaksie was en ek en Ida Theron (van Die Huisgenoot) geen woord vir "sandwich" kon kry nie. Onse ou mense het seker net enkel snye gebruik! Ek het gedink aan "toe tertjie" teenoor "oop tertjie", en toe maar die toebroodjie-woord in my artikels gebruik. Dit het posgevat. Almal was bly om "sandwich" na sy eie taal te laat vaar. En nou vra die woordeboek se opstellers en ook Louis [Hiemstra], of ek dan nie geweet het van die gebruik, veral in Noordwes-Kaapland, van planksny nie. Ek het spyt; maar toebroodjie het klaarblyklik nou vasgegroei. Dit kon in elk geval erger gewees het!

  Uitspraak

Hulp:IPA: [ˈtubro:ci]
[1]

  Woordafbreking

toe•brood•jie

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

Twee (of meer) belegde broodsnye, met botter aan die binne- en/of buitekant van die snye gesmeer; met of sonder vulsel.

     Voorbeeldsinne

Zander maak die sakkie oop, haal 'n vars ham-en-kaas-toebroodjie uit die sak.[2]

     Sinonieme

planksny (verouderd, gewestelik)
broodjie (geselstaal, verkorting van toebroodjie), byvoorbeeld: "Kan ek jou broodjie kry, asseblief"?
toebie (omgangstaal, verkorting van toebroodjie)
samie (slêng, onder Engelse invloed van "sandwich")[3]

     Afgeleide woorde

Zubrötchen in Suid-Afrikaanse Duits.

     Vertalings

  Vertalings:    toebroodjie
Deens: sandwich(da)
Duits: Sandwich(de) Zubrötchen(de)
Engels: sandwich(en)
Frans: sandwich(fr)
Italiaans: sandwich(it)
Nederlands: sandwich(nl)
Spaans: bocadillo(es)

  Verwysings

  1. Le Roux, T.H. & Pienaar, P. de V. 1962. Uitspraakwoordeboek van Afrikaans Pretoria: J.L. van Schaik.
  2. Spoorloos Riana Mouton LAPA, 2010, ISBN 978-0-7993-4662-6
  3. e-HAT, 2009, s.v. "samie"