Anatomiese afbeelding van die buik.
Die buik van 'n seun.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  buik     buike  

  Etimologie

Sedert die 8ste eeu in Oudnederlands opgeteken as uuasbugo ("romp in die gras"). Dit kan as Proto-Germaans *buk gerekonstrueer word, maar buite Germaans ontbreek dit in Proto-Indo-Europees. Dit is waarskynlik 'n substraatwoord.[1].

  Woordafbreking

buik

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (anatomie) Die buikholte met die organe daarin, o.a. die maag, lewer, milt, derms, blaas en inwendige geslagsdele.
  2. Maag; voorste deel van die liggaam onder die bors en bo die dye.

     Voorbeeldsinne

  1. Deur die jare het ek los werkies gedoen – stokke opgetel, gekook vir vroue wie se buike baie babas voortgebring het.[2]
  2. Die sekuriteitswag is in die buik geskiet.

     Verwante woorde

maag, abdomen, pens, lendene

     Afgeleide woorde

buikdans, buikspraak, buikspreek

     Vertalings

  Vertalings:    buik
Engels: belly(en), stomach(en)
Frans: ventre(fr) m
Latyn: abdomen(la)
Nederlands: buik(nl)

  Verwysings

  1. Etymologiebank (nl)
  2. Die dag toe ek Jesus ontmoet het Frank Viola, Mary DeMuth Christelike Uitgewersmpy, 2016, ISBN 1-4316-1622-2, ISBN 978-1-4316-1622-0