Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  pens     pense    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  pensie     pensies  

  Etimologie

Sedert 1293 as panchen, pance in Middelnederlands opgeteken. Leenwoord van Oudfrans pance (Frans: panse) < Latyn pantex.

  Woordafbreking

pens

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (anatomie), (biologie) Die eerste deel van die maag van 'n herkouer (soos 'n bees).
  2. (voeding) 'n Gereg wat van die pens berei word; afval.
  3. (informeel) Die buik; veral 'n boepmaag.

     Verwante woorde

maag, buik, abdomen

     Sinonieme

grootpens

     Afgeleide woorde

netpens, blaarpens, melkpens

     Spreekwoorde

Met pens en pootjies... (met alles wat jy het).
Wat is die mens? Slegs kop en pens. Poef sê die pens, en weg is die mens.

     Vertalings

  Vertalings:   1. eerste maag van 'n herkouer
Duits: Pansen(de) m
Engels: rumen(en), paunch(en)
Frans: panse(fr) v
Nederlands: pens(nl)
  Vertalings:   2. gereg, afval
Engels: tripe(en)
Frans: tripe(fr)
Nederlands: pens(nl)
Xhosa: ulusu
  Vertalings:   3. buik, boepmaag
Engels: gut(en), belly(en)
Frans: panse(fr), ventre(fr)
Nederlands: buik(nl), (onbeskof) pens(nl)
Xhosa: ulusu



Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord pens v/m pensen 
Verkleinwoord pensje pensjes

  Uitspraak

Hulp:IPA: [pɛns]
    
(lêer)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (biologie) Pens, grootpens; eerste deel van die maag van 'n herkouer.
  2. (voeding) Pens; 'n gereg wat van die pens berei word; afval.
  3. (pejoratief) (onbeskof, ongebruiklik) Pens; die buik van 'n mens.

     Voorbeeldsinne

1.: «De koe brengt de voedselbrij uit de pens naar de mondholte om het te herkauwen»
Die bees bring die kos uit sy pens op na sy bek om dit te herkou
2.: «In Nederland wordt pens niet veel gegeten.»
Pens word in Nederland min geëet.
3.: «Tjonge, wat heb ik een dikke pens
Sjoe, wat het ek 'n dik pens.