m. slukderm, v. grootpens, n. ruitjiespens, b. blaarpens, l. melkpens, i. twaalfvingerige derm.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  melkpens     melkpense  

  Woordafbreking

melk•pens

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(anatomie), (biologie) Die vierde en laaste maag van 'n herkouer.

     Voorbeeldsinne

Die kos word deur ensieme in die melkpens verteer (byna soos in 'n mens se maag).
Haarwurms (Haemonchus contortus) kom in die melkpens (abomasum) van veral skape en bokke voor. [1]

     Vertalings

  Vertalings:    melkpens
Estnies: libedik(et)
Fins: juoksutusmaha(fi)
Frans: caillette(fr)
Malgassies: vavoninkena(mg)
Nederlands: lebmaag(nl)
Samies (Noord-): doggi
Sweeds: löpmage(sv)

  Verwysings