m. slukderm, v. grootpens, n. ruitjiespens, b. blaarpens, l. melkpens, i. twaalfvingerige derm.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  blaarpens     blaarpense  

  Woordafbreking

blaar•pens

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(anatomie), (dierkunde) Die derde maag van 'n herkouer.

     Voorbeeldsinne

Water en voedingstowwe word in die blaarpens uit die kos onttrek.
Droë-galsiekte staan ook bekend as stop-galsiekte of verstopping of verlamming van die groot- en blaarpens van 'n herkouer. [1]

     Vertalings

  Vertalings:    blaarpens
Frans: feuillet(fr)
Nederlands: boekmaag(nl)

  Verwysings