Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   dik     dik (dikke)        
Vergrotend   dikker      
Oortreffend   dikste    
Bywoord
Oortreffend   knubbeldik, knippeldik,
knuppeldik, trommeldik  
    
(lêer)
Van Nederlands dik, van Middelnederlands dicke, van Oudnederlands *thikki, van Proto-Germaans *þekuz.
dik
  1. Lywig; volgens verhouding 'n groot dwarsdeursnee hê; nie dun nie.
  2. Vet wees; geset; nie skraal nie.
  3. Opgeswel of opgehewe.
  4. Die genoemde diepte tussen die twee kante hê.
  5. Heg; naby mekaar; nie maklik deurdringbaar nie.
  6. Nie vloeibaar of loperig nie; styf.
  7. Oorversadig; te veel geëet.
  1. Sy het dik bene. Dis 'n dik woordeboek daai.
  2. Daardie seun is regtig te dik. Die dik vrou het die koek gebak.
  3. Sy oë is dik van die slaap. Haar voet is dik geswel.
  4. Die takkie is een vinger dik.
  5. Hulle is dik vriende! Die mis was gister dik.
  6. Die sement is te dik aangemaak.
  7. Ek is nou dik en oorbedien.
Deur dik en dun (in alle omstandighede).
Te dik vir 'n daalder (darem te erg of te duur).
Hy het 'n dik vel (ongevoelig wees).
Sy het 'n dik nek (hoogmoedig wees).
Hy maak sy stem dik (hard, waarskuwend praat).
Sy het 'n dik bek (ontevrede en nukkerig).
Jy maak die pap te dik aan (oordryf).
Sy is dik vir my (kwaad vir my).
As die jakkals dik is, is die druiwe suur (as mens versadig is, proe kos nie meer lekker nie).
As die kat dik is, smaak die muis bitter (as mens versadig is, proe kos nie meer lekker nie).
As die pap te dik is, brand dit aan (hegte vriende kan in kwaaivriendskap ontaard; te veel van 'n goeie ding).
dun
dikbek, dikderm
  Vertalings:    dik
Engels: thick(en), stout(en), swollen(en)
Nederlands: dik(nl)