'n Kriek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  kriek     krieke    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  kriekie     kriekies  

  Woordafbreking

kriek

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(insekte) 'n Insek wat aan die familie   Gryllidae en die orde   Orthoptera behoort.

     Voorbeeldsinne

Krieke is hoofsaaklik nagdiere en is bekend vir die harde, aanhoudende lied wat mannetjies tjirp om die aandag van wyfies te trek.
Al die kriekies kriek daar buite.[1]

     Spreekwoorde

«Hy is 'n langasemkriek
Hy is besonder langdradig.

     Vertalings

  Vertalings:    kriek
Engels: cricket(en)
Esperanto: kriketo(eo)
Nederlands: krekel(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor kriek.

  Verwysings


Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord kriek v/m krieken  
 

  Uitspraak

Hulp:IPA: [krik]
    
(lêer)

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (plantkunde) (vrugte)   Prunus cerasus, 'n boom wat 'n suur soort kersies voortbring
  2. (voeding) 'n Soort Belgiese bier op basis van geuze of lambiek waaraan sap van 1) toegevoeg word