Komponent van masjienerie, meubels, huishoudelike toebehore, ens. met skroefdraad in 'n gaatjie daardeur, sodat dit aan 'n bout vasgemaak kan word. Dikwels van staal of plastiek gemaak. Gewoonlik is daar plat vlakke aan die sykante sodat dit met 'n moersleutel gedraai kan word. Word baie dikwels in die verkleiningsvorm gebruik.