[1] 'n Deur wat met 'n slot gesluit is.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  slot     slotte    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  slotjie     slotjies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Meganisme waarmee 'n afgeslote ruimte met behulp van 'n sleutel oop- en toesluit word.
  2. Einde; die laaste deel van 'n storie, opstel, fliek, ens.
  3. Deel van 'n vuurwapen wat gelaai en afgeskiet word.
  4. 'n Spesifieke posisie in rugby (no. 4 en 5).

     Voorbeeldsinne

  1. Geen slot, deur of poort kon hom keer nie.
  2. Die fliek se slot was heeltemal te voorspelbaar.
  3. Dit goeie etiket om jou geweer se slot tydens jagtogte oop te los, en slegs toe te maak as jy vir 'n skoot aangelê.
  4. Die slotte vervul 'n belangrike rol met brute stootkrag in die skrums, waar hulle deel van die vaste vyf vorm.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: lock(en), ending(en)
Nederlands: slot(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor slot.


Middelnederlands (dum)

Naamval Enkelvoud Meervoud
Nominatief slot o slote  
Genitief slots slote
Datief slote sloten
Akkusatief slot slote

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Slot; sluiting waarop 'n sleutel pas [1]
  2. Afgesluite voorwerp, ruimte, tronk, klooster [1]
  3. Kasteel, burg[1]
  4. Slot, einde[1]
  5. Watter resultaat iets uiteindelik het[1]
  6. Samehang, logiese volgorde[1]
  7. Besluit, beslissing[1]

     Voorbeeldsinne

1.: «Daer en was slot noch dore so goet:
Noch poerte diene wederstoet.[2]»
Daar was geen slot of deur of poort
wat goed genoeg was om hom te weerstaan nie.

  Verwysings