Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   laag     lae     laags    
Vergrotend   laer     laer  
Oortreffend   laagste    
Intensiewe vorm
hondlaag

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

  1. Naby aan die grond; nie hoog nie.
  2. Min; klein; gering.
  3. Gemeen; lelik.

     Voorbeeldsinne

  1. Die stoel is laag.
  2. Die prys is besonder laag.
  3. Dit is laag van haar om so te jok.

     Antonieme

hoog

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: low(en), mean(en)
Nederlands: laag(nl)
Enkelvoud Meervoud
  laag     lae    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  lagie     lagies  

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. Horisontale massa; iets wat in twee rigtings uitstrek, maar in die derde 'n beperkte dikte het; bedekking.
  2. Dele bo-op mekaar.

     Voorbeeldsinne

  1. Hierdie laag bevat opvallend baie iridium, danksy die meteorietinslag van 65 miljoen jaar gelede.
  2. Die koek het een laag room en twee lae versiersuiker.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: layer(en)
Nederlands: laag(nl)