Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   onafhanklik     onafhanklike     onafhanklikes    
Vergrotend   onafhankliker      
Oortreffend   onafhanklikste  

  Woordafbreking

on•af•han•klik

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

  1. Wat nie deur iets of iemand anders beheer word nie; selfstandig.
  2. Wat nie hulp wil hê of nodig het nie; nie afhanklik of onderhorig is nie.

     Voorbeeldsinne

  1. Lesotho en Botswana word in 1966 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
  2. Hoewel alle Afrikalande uiteindelik hul onafhanklikheid gekry het, was dit maar moeilik om heeltemal onafhanklik van hul voormalige koloniseerders te word.

     Antonieme

afhanklik

     Verwante woorde

onafhanklikheid

     Vertalings

  Vertalings:    onafhanklik
Engels: independent(en)
Nederlands: onafhankelijk(nl)