Afrikaans (af)

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   vry     vry, vrye     vrys    
Vergrotend   vryer     vryers  
Oortreffend   vryste    
Gesubstantiveer
Enkelvoud Meervoud
  vrye     vryes    
Bywoord
Oortreffend   die vryste   
Intensiewe vorm
voëlvry

  Uitspraak

IPA:
byvoeglik:
stellend: predikatief: [frəɪ̯], attributief: [ˈfrəɪ̯(j)ə], partitief: [frəɪ̯s]
vergrotend: [ˈfrəɪ̯jər], partitief: [ˈfrəɪ̯jərs]
oortreffend: [ˈfrəɪ̯stə]
gesubstantiveer: [ˈfrəɪ̯jə], meervoud: [ˈfrəɪ̯jəs]
bywoordelik: oortreffend: [diˈfrəɪ̯stə]

  Met Arabiese letters

byvoeglik:
stellend: predikatief: فْرَيْ ; attributief: فْرَيْ , فْرَیِّی ; partitief: فْرَیْسْ
vergrotend: فْرَیِّرْ , partitief: فْرَیِّرْسْ
oortreffend: فْرَیْسْتِی
gesubstantiveer: فْرَیِّی , meervoud: فْرَیِّسْ
bywoordelik: oortreffend: دِي فْرَیْسْتِی

  Spelling tot 1909

byvoeglik:
stellend: predikatief: fry, attributief: fry(-e), partitief: frys
vergrotend: fry-er, partitief: fry-ers
oortreffend: fryste
gesubstantiveer: fry-e, meervoud: fry-es
bywoordelik: oortreffend: di fryste

  Byvoeglike naamwoord

     Betekenisse

  1. Nie gevangene of onder iemand se beheer nie; sonder beperking, belemmering, dwang of verpligting; ongebonde, los en ongehinderd.
  2. Nie meer besig met iets nie.

     Voorbeeldsinne

  1. Voel vry om die Wikiwoordeboek te help deur dit uit te brei. Dis jou vrye keuse of jy dit wil doen of nie.
  2. Na skool is ons vry. Sannie lees graag in haar vrye tyd.

     Vertalings

  Vertalings:    vry
Arabies: حرّ (choerr) (ar)
Duits: frei(de)
Engels: free(en)
Esperanto: libera(eo)
Frans: libre(fr)
Interlingue: líber(ie)
Italiaans: libero(it)
Latyn: liber(la)
Moldawies: liber, slobod
Nederlands: vrij(nl)
Persies (Oos-): آزاد(prs) (azaad)
Persies (Wes-): آزاد(fa) (azaad)
Portugees: livre(pt)
Roemeens: liber(ro), slobod(ro)
Russies: свободный(ru) (swobodnij)
Spaans: libre(es)
Swahili: -a bure(sw)
Sweeds: fri(sv)
Turks: serbest(tr)
Turks (Osmaans): سربست(osm) (serbest), آزاد(osm) (azat)
Volapük: libik(vo)
Xhosa: -khululekile
Zoeloe: -khululekile(zu)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd  ek  vry 
Verlede Tyd  ek   het gevry        

  Werkwoord

     Betekenisse

Soen en vatterig verkeer; mekaar liefkoos en liefde maak.

     Voorbeeldsinne

Die twee vry skelm tussen klasse.

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels: make love(en)
Nederlands: vrijen(nl)