[1] 'n Stiebeuel aan 'n stiegriem.
[2] 'n Stiebeuel-gehoorbeentjie.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  stiebeuel     stiebeuels    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  stiebeueltjie     stiebeueltjies  

  Etimologie

Afgelei van stieg (d.i. styg) + beuel, kyk ook: stiegriem.

  Woordafbreking

stie•beuel

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

  1. (perdry) Ysterbeuel (d.i. metaalboog) wat vastrapplek bied vir 'n perderuiter se voet.
  2. (anatomie) Gehoorbeentjie met 'n stiebeuelvorm.

     Voorbeeldsinne

  1. Hy het sy voete stewig in die stiebeuels.
  2. Die trommelvlies dra die vibrasies oor na drie beentjies, hulle word die hamer, aambeeld en stiebeuel genoem.

     Sinonieme

ysterbeuel

     Hiperonieme

gehoorbeentjie.

     Vertalings

  Vertalings:   1. Vastrapplek vir 'n perderuiter
Duits: Steigbügel(de)
Engels: stirrup(en)
Frans: étrier(fr) m
Italiaans: staffa(it)
Middelnederlands: stegebant m
Nederlands: stijgbeugel(nl)
Noors: stigbøyle(no)
Pools: strzemię(pl)
Russies: стремя(ru) (strémja}} o
Sweeds: stigbygel(sv)