Wiktionary:Geselshoekie/Argief5

Welkom by Wikiwoordeboek se algemene geselshoekie. Almal is welkom om aan die besprekings hier deel te neem. Teken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) op die redigeringskieslys te kies.

Woorde soos waarvan, waartydens, daartussen en hieruit word gewoonlik "pronominal adverbs" (en), "voornaamwoordelijke bijwoorden" (nl) ens. genoem, maar ek hou eintlik meer daarvan om hulle voornaamwoorde te noem, soos jy met waarvan gedoen het, Frank.

Hulle deel eienskappe van voornaamwoorde en van bywoorde, maar ongelukkig word bywoorde dikwels as 'n minder belangrike deel van de grammatika gesien. Hierdie woorde is egter ewe belangrik vir die Afrikaanse (en Nederlandse) grammatika as die voornaamwoorde self wat hulle vervang. Vanweë hulle naam word hulle dikwels as stiefkinders behandel. 'n Bywoord is mos net bysaak, nê? Selfs mense als Bilderdijk het hulle in die vroeë 1800s reeds kwaad daaroor gemaak.

Kan ons die term "voornaamwoordelike bywoorde" sommer omdraai en hulle "bywoordelike voornaamwoorde" noem? Dit druk ook hulle tweeslagtige natuur uit, maar doen meer reg aan hulle grammatikale rol. Jcwf (kontak) 18:15, 20 November 2017 (UTC)[antwoord]

Dit klink goed so, maar ek is ongelukkig nie 'n taalkundige nie (ek het rekenaarwetenskap studeer). Jy moet dus maar die leiding neem as dit by die tegniese aspekte kom. Groete. Naudefj (kontak) 19:06, 20 November 2017 (UTC)[antwoord]
Vanuit 'n taalkundige perspektief word hierdie goed (internasionaal) "voornaamwoordelike bywoorde" genoem, aangesien hulle juis bywoorde is wat voornaamwoordelik optree. Ons moet asb. nie die term verander nie - dit is goed gevestig! (Terloops ook: Ek dink darem nie bywoorde word meer in moderne grammatikas van die afgelope vyftig jaar as "stiefkinders" behandel nie :-) Geebee100 (kontak) 05:29, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Wie is "ons" Geebee? Ek het jou nog nooit sien bydra nie. Jcwf (kontak) 11:53, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Met "ons" bedoel ek die Wiktionarygemeenskap. So gesien is dit eintlik tans primêr jy, Jcwf (as ek jou opmerkings in 'n ander onderwerp reg verstaan het)? Ek is inderdaad 'n nuweling hier op Wiktionary, want ek het nog nooit eintlik regtig verstaan wat hier aangaan nie. Maar ek wil niemand se turf bedreig of so nie ... As dit ongevraagd is, dan stoot ek liewer my energie elders in. Die laaste ding waarby ek betrokke wil raak, is die "Wikipedia-politiek" ... Geebee100 (kontak) 15:11, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Indien jy nog hier is, Geebee100, het jy dalk al agtergekom dat jy jou tyd met hierdie knopkop verspil. Sy houding en taalgebruik is 'n vooorbeeld van die ondergang van Afrikaans. Ek het nog nie eers probeer om hier by te dra nie - en het gelukkig ook nie die tyd afgestaan om te probeer nie. Timflamink (kontak) 07:39, 7 Mei 2020 (UTC)[antwoord]

New print to pdf feature for mobile web readers wysig

CKoerner (WMF) (talk) 22:07, 20 November 2017 (UTC)[antwoord]

Kleure wysig

Kleure is 'n bietjie 'n internasionale probleem. In die een taal word hulle as selfstandige naamwoorde beskou, in die ander as byvoeglike. Eintlik is hulle nes die telwoorde gespesialiseerde naamwoorde wat soms byvoeglik, soms selfstandig kan wees. Anders as telwoorde word hulle gewoonlik nie as 'n eie (sub)woordklas beskou. 'n Ander item vir die lys met probleme wat opgelos moet word. Jcwf (kontak) 23:46, 28 November 2017 (UTC)[antwoord]

Kleurname word tradisioneel in Afrikaans primêr as b.nw. gesien, sekondêr as s.nw. Woordeboeke soos die HAT en die WAT bied daarom ook die b.nw. eerste aan, gevolg deur die s.nw. M.i. kan ons gerus maar dieselfde patroon hier volg. Geebee100 (kontak) 05:33, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Transliterasie-inskrywings wysig

Wat maak ons met inskrywing soos Armeense transliterasie, Oekraïense transliterasie, Russiese transliterasie en Angel-Saksiese alfabet? Kan ons dit na die Wiktionary-naamruimte skuif? Groete. Naudefj (kontak) 06:58, 9 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

Ja, dink ek. Dis inligting oor bepaalde tale of skrifte, nie woordeboek goeters nie. Jcwf (kontak) 16:20, 10 Desember 2017 (UTC)[antwoord]
  Uitgevoer
Dankie Jcwf!

Ons ou vriende... wysig

Frank, Jaap: dit sal regtig graaf wees indien julle ons ou vriende hier skep – interessant, onmiddellik, finansieel met meervoude, asook kommersieel met meervoud! Groete! 07:22, 10 Desember 2017 (UTC)

Ons sal so maak, Oesjaar. Sien asb. ook Wiktionary:Versoeke. Groete. Naudefj (kontak) 07:24, 10 Desember 2017 (UTC)[antwoord]
  Uitgevoer

Woordsoortontleding wysig

Kry mens programme wat woordsoortontleding in Afrikaans kan doen? Die Ingelse taalkundiges praat van 'n "Part-of-speech tagger". So iets sal geweldig baie kan help. Groete. Naudefj (kontak) 18:03, 10 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

Hallo Frank. Ek dink die kodewoord is "morphological analyser" op Google. Ek kon wel twee programme opspoor in ander tale, maar ek weet nie hoe akkuraat hulle is nie. Legible Latin werk absoluut soos 'n droom, hoewel hy 'n woord soos vocitatus glad nie herken nie (tog wel!); gelukkig is daardie woord reeds by die Engelse Wiktionary opgeneem (wat dit weer by Franse woordeboeke gekry het?). Dan het ek vanoggend afgekom op https://nlp.fi.muni.cz/czech-morphology-analyser/. Die programme kom nog uit 1995 aan. Die Duitse weergawe is by: http://morphy.wolfganglezius.de/download/. Onder Löwe (Leeu) spoeg hy die volgende uit:
SUB Löwe NOM MAS SIN
Onder Löwen (Leeu/Leeus) wel:
SUB Löwe GEN MAS SIN
SUB Löwe DAT MAS SIN
SUB Löwe AKK MAS SIN
SUB Löwe NOM MAS PLU
SUB Löwe GEN MAS PLU
SUB Löwe DAT MAS PLU
SUB Löwe AKK MAS PLU
Onder Panther (luiperd, panter) kry jy egter almal onder een dak:
SUB Panther NOM MAS SIN
SUB Panther DAT MAS SIN
SUB Panther AKK MAS SIN
SUB Panther NOM MAS PLU
SUB Panther GEN MAS PLU
SUB Panther AKK MAS PLU

Wat mis ons?

Panthers
SUB Panther GEN MAS SIN
Panthern
SUB Panther DAT MAS PLU

Dit klop 100% met die Duitse Wiktionary-inskrywing (https://de.wiktionary.org/wiki/Panther). Ek besef nou eers hoe onreëlmatig Duits kan raak... Ek dink egter nie Afrikaans het so iets ontwikkel nie. Suidpunt (kontak) 04:53, 13 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

Dankie vir die interessantste inligting. Ek sal later verder oor die onderwerp nalees. Groete. Naudefj (kontak) 15:28, 20 Desember 2017 (UTC)[antwoord]
In Afrikaans noem ons 'n "part-of-speech tagger" 'n "woordsoortetiketteerder". Daar is al 'n klompie van hulle vir Afrikaans ontwikkel, waarvan die ene van die Noordwes-Universiteit meestal die basis vorm vir ander wat daarop wil verbeter. Kyk byvoorbeeld hierdie artikel: https://www.ajol.info/index.php/salas/article/view/6661. Die dokumentasie, data en kode van die jongste weergawe is hier beskikbaar: https://repo.sadilar.org/handle/20.500.12185/323. CTexT (aan die NWU) het ook 'n webmodule geskep wat 'n pyplyn skep vir die outomatiese annotering van tekste, waaronder woordsoortetikettering. Tot slot: In beginsel kan 'n mens nie daarop vertrou om woordsoortetiketteerders tussen tale te gebruik nie. Ons het uitvoerig navorsing hieroor gedoen, en dit word ten sterkste afgeraai om dit blindelings te gebruik. Geebee100 (kontak) 05:43, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Frases en vaste begrippe wysig

Hallo Leute.

Drie vrae, waarmee, dink ek, veral Gebruiker:Jcwf kan help.

VRAAG 1 Ek kom onlangs af op die volgende (gottwein.de):

"LATYN": Nostri consocii crustulis memorialibus utuntur. Concedis, si legere pergis.
"AFRIKAANS": Ons vennote gebruik koekies. Deur verder te lees, stem jy toe. [Letterlik: jy stem toe, deur verder te lees]

Mag mens hierdie "begrip" (letterlik: geheuebrokkies of geheuekoekies) net so as soekwoord/lemma/hofie gebruik? [Ek weet net nie of ons hier die ablatief, akkusatief of nominatief het nie - daarmee is ek maar dom].

Dit is ablatief meervoud.

VRAAG 2

Die 32 Bataljon het die slagspreuk/leuse gehad: PROELIO PROCUSI. Kan hierdie leuse (of, vaste bewoording) soos "carpe diem" ook soos by vraag 1 gebruik word, of hoe nou? Eintlik raak dit nou vrekmoeilik, want onder elke liewe vervoeging sal ons 'n voorbeeldsin moet aanhaal. Ons sal die carpe diem dus onder "dies" (nominatief, enkelvoud, onsydig) en carpo moet plaas?

Op nl.wikt het ons nooit regtig tot goeie afsprake daaoroor gekom nie, omdat daar nog derduisende ander goeter was wat ons aandag gevra het. Dis seker legitiem om carpe diem onder 'n Latynse lemma dies as uitdrukking op teneem. Ek dink Manie het 'n idioom-opskrif geskep om ook 'n bladsy carpe diem moontlik te maak, maar ek het my nooi so hiervoor geïnteresseer nie. Jcwf (kontak) 13:38, 23 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

VRAAG 3

Hoe maak mens as Afrikaans/Nederlands één woord het wat in ander tale dikwels "veelwoordig" is, soos voetstoots? In Duits sien ek skryf hulle oor dieselfde aangeleentheid gekauft wie gesehen. In Trümpelmann staan daar weer unbesehen, wat heeltemal onwaar is. Deur voetstoots te koop beteken dit om wel iets te koop, soos die HAT stel: met sigbare en onsigbare gebreke. Die tweede deel is "sommer so", "sonder nadere ondersoek", maar hier het ons te make met beeldspraak: Ek kan nie hierdie aantyging voetstoots aanvaar nie.

Dis een van die redes waarom ons verskeie wikti's het en die poging om een omega-wiki daarvan te skep met 'n relasionele database nie regtig geslaag is nie. Ja daar is woorde wat nie met een woord vertaal kan word. Vertaal is nie een-op-een nie. Die indeling van die inligtings sal dus op en.wikt, de.wikt ens. effens verskil. In die vertaalblokkie kan of gekies word vir 'n omskrywing wat dikwels nie geskakel word nie ofwel daar kom geen vertaling nie. Dis ook een van die redes waarom verskeie vertaalblokke, voorbeeldsinne en prentjies belangrik is om die betekenisdefinisie te onderbou. Soms is daar egter vaste verbindings soos "byvoeglike naamwoord" wat hulle eie bladsy verdien. Die Franse gee hieraan 'n eie opskrif soos locution nominale. Ons kan oorweeg om hiervoor ook 'n opskriffie te bedink. Maar soos gesê: daar wag nog derduisende eenvoudiger goeters op 'n beskrywing. Jcwf (kontak) 13:38, 23 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

Post Scriptum: as 'n internetramp gebeur en ek nog nie geantwoord het nie - Geseënde Kersfees. Suidpunt (kontak) 08:56, 23 Desember 2017 (UTC)[antwoord]

Dankie, en dieselfde!

Voorspoedige 2018! wysig

Aan die Wikiwoordeboek gemeenskap: dankie vir al julle bydraes in 2017! Die Wikipedia hoogtepunt vir 2018 is ongetwyfeld die Wikimania-konferensie in Kaapstad in Julie! Ons Wikiwoordeboek groei mooi! knap gedaan Frank en Jaap! Oesjaar (kontak) 06:12, 1 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Baie dankie vir die ondersteuning, Oesjaar. Ons het hard gewerk en hoop om die projek tot groot hoogstes in 2018 te dryf. Voorspoed ook aan ons kollegas by die Afrikaanse Wikipedia. Mag die voorspoed julle algar verveel. Groete. Naudefj (kontak) 08:11, 1 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]
'n Voorspoedige 2018!Jcwf (kontak) 15:55, 1 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Nm- en fm-sjablone wysig

Wat maak ons met {{-nm-}} soos by filet en {{-fm-}} soos by tien? Groete. Naudefj (kontak) 10:33, 10 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Ek sien {{-fm-}} word {{fm}}, maar daar is nog nie 'n ooreenstemmende {{nm}} nie.
Die fm-goeters is 'n stelselmatige ding omdat die meeste vroulike woord nou ook as manlik behandel kan word. Ander kombinasies soos m-n of f-n of m-f-n is lukraak en ek dink ons het geen aparte slablone nodig nie. Ons kan net {{m}}/{{n}} skryf. Dis 'n ander rede waarom ek die opskrifte {{-nm-}} verafsku. Ons moenie reelmaat beweer waar nie reelmaat is nie. Jcwf (kontak) 22:32, 4 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Posisie 68! wysig

Die Afrikaanse woordeboek het die Sisiliaanse een verbygesteek en is nou nommer 68. Goed gedoen Frank en Jaap! Groete! Oesjaar (kontak) 12:19, 16 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Dankie Oesjaar! Latyn met 20977 inskrywings is volgende in ons visier. Groete. Naudefj (kontak) 15:01, 16 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]
Eh Ja Frank, maar hulle is 'n bewegende teiken en ek dink hulle beweeg vinniger as ons... Jcwf (kontak) 19:36, 16 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Wikipedia skakel wysig

Kan mens 'n enkele woord in Wikipedia skakel met 'n inskrywing in die wikiwoordeboek? JMK (kontak) 21:44, 27 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Dit lyk of [[wikt:]] werk. Groete. Naudefj (kontak) 21:46, 27 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

19,000 woorde! wysig

Goed gedoen julle! Oesjaar (kontak) 05:29, 29 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Dankie. Wanneer kan ons jou eerste inskrywing verwag? Groete. Naudefj (kontak) 06:41, 29 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]
Gebruiker:Alias stel in woordeboekmaak belang, maar sover ek verstaan is hy nie oortuig van die wikiwoordeboek se formaat nie. Nietemin, aangesien ons meer hande nodig het, sal dit baie doen as iemand hom kan oortuig. JMK (kontak) 13:30, 29 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]
Ek sal graag sy sieninge daaromtrent wil hoor. Ons het talle veranderinge in die laaste paar maande deurgevoer, en daar is nog heelwat ruimte vir verbetering. Kan jy hom dalk nooi om dit hier te bespreek. Groete. Naudefj (kontak) 14:50, 29 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]
Ek sal nie graag sy sieninge daaromtrent wil hoor nie. Mense wat hier nie wil bydra nie is wat my betref nie welkom om baas te kom speel nie. Jcwf (kontak) 17:31, 29 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]
Gelukkig het jou siening van sy siening soveel waarde as 'n mank hond se blaf. Jou "baas te kom speel" is 'n geval van iemand wat nie enige ander haan op sy mishoop wil laat kraai nie - en 'n perfekte geval van die pot wat die ketel verwyt, om dit sagkens te stel. Timflamink (kontak) 22:02, 7 Mei 2020 (UTC)[antwoord]
Frank, ek trek maar swaer op ons Wiki, lyk my al die gebruikers het verdwyn. Aliwal het hartomleiding gehad vier weke terug, jy is weg, Suidpunt het verdwyn en die Maroela Medium bedraers is ook uit aksie. Tans is dit net ek, Voya, Sören en K175 wat bydraes maak. Groete! Oesjaar (kontak) 05:55, 2 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Hou moed! Aliwal sal DV eersdaags terug wees. As jy vasbrand, laat weet dan kom help ons. Groete. Naudefj (kontak) 16:47, 2 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Vaste uitdrukking wysig

Is daar 'n sjabloon vir vaste uitdrukkings waarin 'n woord gebruik word? JMK (kontak) 09:24, 29 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Daar is {{-uitdruk-}} en {{spreekwoorde}}. Jcwf (kontak) 13:10, 29 Januarie 2018 (UTC)[antwoord]

Klankopnames wysig

Weet iemand dalk van Afrikaanse klankopnames in die openbare domein wat ons in woorde kan versnipper? Elke Afrikaanse woord kort so 'n klankgreep in 'n manlike en vroulike stem. Alternatiewelik, as iemand bereid is om die woorde vir ons op te neem sal dit ook werk. Die Afrikaans 100-woordelys 'n goeie plek om te begin. Groete. Naudefj (kontak) 13:01, 3 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Wat mens nodig het:
Jy moet 'n moedertaalspreker wees.
'n Goeie mikrofoon, soos H4N (ingeboude mikrofoons is dikwels nie goed genoeg nie)
'n Ruimte wat stil is. (geen agtergrondgeluid of geraas asseblief)
Gratis geluid-sagteware soos Audacity op jou rekenaar
Geduld en tyd.


  1. Maak 'n lys van die woorde wat jy gaan inspreek. (10-20 of so.)
  2. Spreek hulle duidelik maar natuurlik in. Vermy "letter-uitspraak", praat soos jy normaal sou praat.
  3. Maak seker dat:
    1. jy die resultaat krities beluister (Die hele wiktionary-wêreld wil/gaan jou stem hoor!)
    2. die opname 'n goeie sterkte het,
    3. dit duidelik en sonder vervorming is
    4. jy nie in die mikrofoon geblaas het nie, met jou lippe gesmak ens.
  4. Knip die opname in aparte lêers
  5. stoor hulle as .ogg lêers.
  6. Noem die lêer van die woord "watterwoordook": af-watterwoordook.ogg: met prefiks af- en die juiste spelling van die woord. (Klein letter tensy dit altyd 'n hoofletter kry)
  7. gaan na commons om hulle op te laai. (Ek glo jy kan 10 tegelyk doen)
  8. dit behoort as Category:Afrikaans pronunciation|watterwoordook gekategoriseer te word. (Anders kom alles onder "af")

Hier op die Afrikaanse wikiwoordeboek word die klankopname so op die bladsy gesit:

{{-uitspraak-}}
:{{woordklank|ipa=|t=af|o=1}}

Die klanklêer sal dalk nogtans ook dankbaar op ander wikiwoordeboeke gebruik word. Jy kan dit self doen, maar die sintaks is op ieder werf effens anders. Respekteer asseblief die plaaslike gebruike.

Jcwf (kontak) 23:32, 3 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Voorbeeldblad wysig

As ons 'n woord het wat baie volledig uiteengesit is moet ons dit miskien as 'n voorbeeldblad aandui. Dis vir my bv. onduidelik in watter volgorde die hofies moet wees, of wanneer woorde deur kommas geskei, of met nommers gelys moet word. En as dit moontlik is om die voorbeeldblad sommer hier in die linkerbaan aan te dui vir maklike verwysing sal dit goed wees. Dankie vir die wenk dat verskillende betekenisse deur nommers met mekaar geskakel word. Dit was ook nie dadelik intuïtief nie. JMK (kontak) 19:58, 7 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Die sjablone wat onder die teksboks gelys is, is min of meer in die gewenste volgorde. Die oorspronklike voorbeeldblad is by Wiktionary:Sjabloon/Afrikaans (hoewel ons ondertussen effens daarvan begin afwyk het). Die beste is om by die diep kant in te spring en te kyk hoe die mense jou inskrywings korrigeer. Dit het my meer as 'n maand geneem om op dreef te kom, maar die nuutgeskepte dokumentasie behoort die proses aansienlik te versnel. Groete. Naudefj (kontak) 20:29, 7 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
'n Skakel na hierdie teksboks asb. JMK (kontak) 21:39, 7 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Ek het begin om die huidige formaat -wat natuurlik nog aan die verander is- beter te beskrywe. Sien Wiktionary:Formaat. Jcwf (kontak) 14:03, 8 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Sien Lêer:Teksboks op die Afrikaanse Wiktionary.png. Groete. Naudefj (kontak) 15:13, 8 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Begeerde inskrywing wysig

Maak daar vir ons 'n inskrywing oor concerto, toe? K175 (kontak) 10:16, 10 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

  Uitgevoer. Kyk maar of dit reg lyk. Groete. Naudefj (kontak) 10:38, 10 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Bots begeerd wysig

Kan ons asseblief 'n bot-meester vind wat alle {{-af-}} in {{=af=}} en alle :*{{ in :{{ en alle woord·af·bre·kings in woord•af•bre•kings kan wysig? Ek het niks teen formaatwysigings nie, behalwe dat dit dikwels so veel werk oplewer dat eintlik net 'n bot dit kan doen en formaatwysigings moet (volledig) uitgevoer word, omdat anders daar heeltemaal geen formaat meer is nie. Net chaos wat dodelik vir hierdie projek is. En ja ander wikiwoordeboeke het met dieselfde probleem gestoei. En ja hulle is soms dood. Jcwf (kontak) 19:01, 10 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

En ja mense met "sienings" kan baie dodelik wees. Dit het verskeie kere geblyk. Jcwf (kontak) 19:05, 10 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Natuurlik, hierdie is klein veranderinkies wat mens maklik in 'n agtermiddag kan standaardiseer. Ek is net nie 100% seker oor die :{{ nie. Miskien moet dit net so 'n rukkie los voordat ons 'n bot opsaal. Groete. Naudefj (kontak) 19:19, 10 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Kort julle nog hulp hiermee? K175 (kontak) 17:20, 16 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Ek het reeds 'n bot hiervoor opgelei. Dankie in elke geval. Groete. Naudefj (kontak) 17:26, 16 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
👍 K175 (kontak) 22:13, 16 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Video wysig

Ietsie om na te luister terwyl julle aan ons woordeboek werk:

Geniet! Naudefj (kontak) 16:54, 12 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Weet julle wat aangaan by Wikiquote? Daar is geen administrateurs of burokrate nie. Hoe kry ons hierdie projek aan die gang? K175 (kontak) 18:04, 17 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Ek dink daar gaan net mooi niks aan nie. Betrek die plek, doen aansoek vir administrateurskap en nooi ons sodat ons jou kan instem. Groete. Naudefj (kontak) 18:17, 17 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Ongelukkig gaan daar baie min aan by af.wikiquote. En dit geld ook vir wikibooks en ander goeters. Ons het nie genoeg mense nie, K175. Selfs hierdie woordeboekwerf se bestaansreg is twyfelagtig en dit het 7 jaar stilgestaan. Daar was lank net genoeg kritiese massa om af.wiki aan die gang te hou. Maar wikiwoordeboek gee my nou hoop dat dit gaan verbeter.Jcwf (kontak) 18:23, 17 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Kan ons begin deur die burokrate hier en by Wikipedia te betrek vir administrateurskap by Wikiquote? Ek wil solank net 'n robotvlag daar kry (vir verwelkoming), en daarvoor het ons 'n admin nodig! K175 (kontak) 18:52, 17 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Ek dink nie een van ons sal maklik adminregte bekom, tensy ons daar betrokke raak nie. Die beste is om self betrokke te raak en dan vir regte aansoek te doen. Aan die ander kant het 'n bot wat net nou en dan bywerkings doen nie spesiale regte nodig nie. Groete. Naudefj (kontak) 19:57, 17 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]
Goed 👍 Dankie vir die insette. K175 (kontak) 20:38, 17 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Besoek wysig

hmm., HMM!

'n Mooi opwaartse kurwe. Ek dink dit beteken wat ons doen vind inslag. Maar hoe lui die spreekwoord... "elke dassie prys sy eie kwassie" :-) Groete. Naudefj (kontak) 06:36, 21 Februarie 2018 (UTC)[antwoord]

Tydperke wysig

Die geologiese tydperke is effens 'n probleem. Daar is gewoonlik 'n selfstandige naamwoord en 'n bybehorende byvoeglike. As ek die HAT goed begryp het die s.nw. Mesosoïkum 'n hoofletter, maar die b.nw. is mesosoïes met kleinletter. Die tydperk Jura kryg nogtans 'n b.nw. Jurassies in HAT, wat nogtans ook dikwels (anglisisties?) as s.nw. gebruik word.

'n Ander probleem is dat daar dikwels verskillende benamings gebruik word, selfs in skoolmateriale. Ek sien byv. Kainosoïkum op wiki, maar Senosoïkum in HAT. Is dit net sinonime of is Kaino- nie Afrikaans nie? Wat is die b.nw. van Kryt? Van Karboon? (Indien dit bestaan?) Ek het Ordovikium gesien naas Ordovisium. Ensomeer.

Gedagtes? Jcwf (kontak) 17:49, 2 Maart 2018 (UTC)[antwoord]

PAW Patrol! Geen klus te groot en geen pup te klein!
WAT: Kainosoïkum: Minder gewoon vir Senosoïkum. Bl. 143, WAT, Deel V, J-KJ, 1975. Suidpunt (kontak) 18:11, 2 Maart 2018 (UTC)[antwoord]
Karbonies - 2. (geol.) Van, betreffende, beh. tot die Karboon; Karboon-; Karboniese formasie, gesteentes, lae. (bl. 325, WAT, Deel V, J-KJ, 1975.)
Die res van die woordeboeke het ek nie, wel in die dorpsbiblioteek. Suidpunt (kontak) 18:17, 2 Maart 2018 (UTC)[antwoord]
Volgens die aanlyn HAT is Mesosoïkum en Mesosoïes albei met hoofletters. Jura is die selfstandige naam en Jurassies die byvoeglike naamwoord. Kainosoïkum en Senosoïkum is sinonieme. Ek het die geologiese tydperke op Wikipedia gedoen en het die name deeglik (dink ek) nagevors. Karbonies is Karboon se byvoeglike naamwoord, maar ek dink nie Kryt het een nie. Winstonza (kontak) 18:21, 2 Maart 2018 (UTC)[antwoord]
Jammer ek skryf nou eers, ek skryf nou in my aandklere. M & M: korrek. J & J: korrek. K & S: korrek. Kryt: Nee, ek dink ons plak net Kryt- vooraan. Anders word dit miskien Krities, en dit is erg verwarrend. Ek dink ek kan miskien een of ander tyd in die bib gaan kyk (Valerie Worth-Stylianou se French: A handbook of grammar... moet buitendien 6 Maart ingelewer word), lys maar die name so deurentyd. Suidpunt (kontak) 18:45, 2 Maart 2018 (UTC)[antwoord]
O, ekskuus, ek sien nou eers dis Winston! :) Ek het my vergis. Ek het gedog dis Jcwf, hy het mos nie 'n WAT nie. Suidpunt (kontak) 18:48, 2 Maart 2018 (UTC)[antwoord]

Voorstel vir enigiemand met ernstige taalvrae wat darem baiemaal kundig bespreek sal word deur onder meer gerekende leksikograwe: Sluit jou aan by die groep Taaltameletjies op Facebook. Hulle het my al dikwels gehelp. Mieliestronk (kontak) 18:46, 2 Maart 2018 (UTC)[antwoord]

20 000 woorde! wysig

Geluk aan die woordeboek gemeenskap met 20,000 woorde! Doen so voort! Groete! Oesjaar (kontak) 13:17, 13 Maart 2018 (UTC)[antwoord]

Dankie Oesjaar! Om die volgende trappie te klim het ons opnames nodig sodat mense kan hoor hoe die woorde uitgespreek word. Daar is geen beter manier om die taal te dokumenteer en dit vir mense regoor die wêreld toeganklik te maak nie. Kan jy dalk help om voorbrand hiervoor te maak? Mens kan selfs vir Maroela se span om hulp nader. Groete. Naudefj (kontak) 14:12, 13 Maart 2018 (UTC)[antwoord]

Tell us what you think about the automatic links for Wiktionary wysig

AdvancedSearch wysig

Birgit Müller (WMDE) 14:44, 7 Mei 2018 (UTC)[antwoord]

Lexicographical data is now available on Wikidata wysig

Update on page issues on mobile web wysig

CKoerner (WMF) (talk) 20:57, 12 Junie 2018 (UTC)[antwoord]

Global preferences are available wysig

19:19, 10 Julie 2018 (UTC)

Consultation on the creation of a separate user group for editing sitewide CSS/JS wysig

New user group for editing sitewide CSS/JS wysig

Wiktionary Cognate Dashboard wysig

Editing of sitewide CSS/JS is only possible for interface administrators from now wysig

(Help met die vertaal na uw taal)

Hi all,

as announced previously, permission handling for CSS/JS pages has changed: only members of the interface-admin (Koppelvlakadministrateurs) group, and a few highly privileged global groups such as stewards, can edit CSS/JS pages that they do not own (that is, any page ending with .css or .js that is either in the MediaWiki: namespace or is another user's user subpage). This is done to improve the security of readers and editors of Wikimedia projects. More information is available at Creation of separate user group for editing sitewide CSS/JS. If you encounter any unexpected problems, please contact me or file a bug.

Thanks!
Tgr (talk) 12:39, 27 Augustus 2018 (UTC) (via global message delivery)[antwoord]

Read-only mode for up to an hour on 12 September and 10 October wysig

13:32, 6 September 2018 (UTC)

The GFDL license on Commons wysig

18:10, 20 September 2018 (UTC)

Reminder: No editing for up to an hour on 10 October wysig

12:03, 4 Oktober 2018 (UTC)

The Community Wishlist Survey wysig

11:05, 30 Oktober 2018 (UTC)

Change coming to how certain templates will appear on the mobile web wysig

CKoerner (WMF) (talk) 19:34, 13 November 2018 (UTC)[antwoord]

Community Wishlist Survey vote wysig

18:13, 22 November 2018 (UTC)

Advanced Search wysig

Johanna Strodt (WMDE) (talk) 10:57, 26 November 2018 (UTC)[antwoord]

Bladsy titel verander? wysig

Hoë verander 'n mens die titel van 'n bladsy? [Spelling van inskrywing]

Ons het nie dieselfde opsie as op die Engelse wiktionary ('move', langs wysig) nie. Beta verskil?

Ek het 'n verkeerde karakter gebruik ('ê' in plaas van 'e') en dit pla my erg.

Dankie

  Kyk vir die "skuif" opsie (onder "Meer"). Groete. Naudefj (kontak) 19:08, 29 November 2018 (UTC)[antwoord]

New Wikimedia password policy and requirements wysig

CKoerner (WMF) (talk) 20:02, 6 Desember 2018 (UTC)[antwoord]

Selection of the Tremendous Wiktionary User Group representative to the Wikimedia Summit 2019 wysig

Dear all,

Sorry for posting this message in English and last minute notification. The Tremendous Wiktionary User Group could send one representative to the Wikimedia Summit 2019 (formerly "Wikimedia Conference"). The Wikimedia Summit is an yearly conference of all organizations affiliated to the Wikimedia Movement (including our Tremendous Wiktionary User Group). It is a great place to talk about Wiktionary needs to the chapters and other user groups that compose the Wikimedia movement.

For context, there is a short report on what happened last year. The deadline is very close to 24 hrs. The last date for registration is 17 December 2018. As a last minute effort, there is a page on meta to decide who will be the representative of the user group to the Wikimedia Summit created.

Please feel free to ask any question on the wiktionary-l mailing list or on the talk page.

For the Tremendous Wiktionary User Group, -- Balajijagadesh 05:56, 16 Desember 2018 (UTC)[antwoord]

Invitation from Wiki Loves Love 2019 wysig

Help met die vertaal na uw taal

 

Love is an important subject for humanity and it is expressed in different cultures and regions in different ways across the world through different gestures, ceremonies, festivals and to document expression of this rich and beautiful emotion, we need your help so we can share and spread the depth of cultures that each region has, the best of how people of that region, celebrate love.

Wiki Loves Love (WLL) is an international photography competition of Wikimedia Commons with the subject love testimonials happening in the month of February.

The primary goal of the competition is to document love testimonials through human cultural diversity such as monuments, ceremonies, snapshot of tender gesture, and miscellaneous objects used as symbol of love; to illustrate articles in the worldwide free encyclopedia Wikipedia, and other Wikimedia Foundation (WMF) projects.

The theme of 2019 iteration is Celebrations, Festivals, Ceremonies and rituals of love.

Sign up your affiliate or individually at Participants page.

To know more about the contest, check out our Commons Page and FAQs

There are several prizes to grab. Hope to see you spreading love this February with Wiki Loves Love!

Kind regards,

Wiki Loves Love Team

Imagine... the sum of all love!

--MediaWiki message delivery (kontak) 10:12, 27 Desember 2018 (UTC)[antwoord]

FileExporter beta feature wysig

Johanna Strodt (WMDE) 09:41, 14 Januarie 2019 (UTC)[antwoord]

No editing for 30 minutes 17 January wysig

You will not be able to edit the wikis for up to 30 minutes on 17 January 07:00 UTC. This is because of a database problem that has to be fixed immediately. You can still read the wikis. Some wikis are not affected. They don't get this message. You can see which wikis are not affected on this page. Most wikis are affected. The time you can't edit might be shorter than 30 minutes. /Johan (WMF)

14:47, 16 Januarie 2019 (UTC)

Talk to us about talking wysig

Trizek (WMF) 15:00, 21 Februarie 2019 (UTC)[antwoord]

Read-only mode for up to 30 minutes on 11 April wysig

10:56, 8 April 2019 (UTC)

Wikimedia Foundation Medium-Term Plan feedback request wysig

Help met die vertaal na uw taal

The Wikimedia Foundation has published a Medium-Term Plan proposal covering the next 3–5 years. We want your feedback! Please leave all comments and questions, in any language, on the talk page, by April 20. Baie dankie! Quiddity (WMF) (talk) 17:35, 12 April 2019 (UTC)[antwoord]

Uitspraakriglyne wysig

Is daar iewers riglyne wat geld vir die IPA-weergawe van uitspraak op die Afrikaanse Wiktionary? Ek sou graag wou weet – slegs as voorbeeld – waarom "mooi" getranskribeer word as [moːɪ̯]? In al my jare wat ek in die Afrikaanse taalkunde werk, het ek dit nog nie teëgekom dat ons 'n [ɪ] in Afrikaans kry nie; ook nie dat ons nonsillabiese annotasie soos [ɪ̯] gebruik nie. Dit is meer gebruiklik om dit te transkribeer as [moi], of in my dialek as [mɔi]. Dit is selfs deesdae gebruiklik om nie lengte [ː] aan te dui nie, behalwe in gevalle waar rekking ter sprake is. 'n Ander geval is byvoorbeeld die aanduiding van sillabegrense, wat lyk asof dit nie konsekwent gedoen word nie. Ek sou byvoorbeeld "die mooiste" transkribeer as [di ˈmoi.stə], waar [ˈ] primêre klem aandui en [.] 'n sillabegrens. Ek wil nou nie dwars wees en goed gaan verander as daar iewers 'n verantwoorde riglyn hieroor bestaan nie. Met die samestelling van die IFA-tabel in die nuutste Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) het ons baie moeite gedoen om dit ooreenkomstig nuutste insigte en praktyke te probeer standaardiseer. Maar dit is natuurlik nie die alfa en die omega nie; ek luister graag as daar hier ander riglyne geld. Geebee100 (kontak) 06:04, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Ek weet niks van Afrikaanse transkribering nie. Jy kan seker reg het dat [ɪ] ontereg is vir Afrikaans. Vir my Nederlandse ore lyk dit of dieselfde geld vir [o]. Ek hoor net [ɔ] of 'n tweeklank [ʊə] of so. Ek dink egter dat vir tweeklanke 'n nie-sillabiese annotasie verdedigbaar is. Mooi word mos nie as tweelettergrepig moo-ïe uitgespreek nie. Jy sou selfs aan [mɔj] kan dink.
Ek stem saam dat : rekking behoort aan te dui. In Nederlands het ek daarvoor baie stryd moet lewer.
Maar IFA is altyd net 'n benadering en jy kan baie baklei hoe om dit te doen. Dis hoekom ek probeer om Oesjaar se kletslêers in te voer. Manie het die meeste IFA ingevoer en hy het lank geleë verdwyn.
Maar as jy 'n konsistente manier het om IFA in te voer sou ek dit graag sien. Maar wel dat JY die werk doen. Ons het geen behoefte aan mense wat werkopdragte kom gee nie.
Dankie vir die antwoord. Ek is DEFINITIEF nie hier om opdragte te gee nie; wil graag help waar ek kan. Daarom dat ek ook eers vra, voor ek sommer net lostrek en na eie goeddunke optree.
Ek het ook 'n PhD-student wat tans werk aan 'n uitspraakwoordeboek vir Afrikaans; dit sou gaaf wees as 'n mens die data hier en haar data met mekaar kon belyn (in beide rigtings). Ons sou egter wel 'n hele klomp goed sistematies kon/wou doen - selfs met 'n transkripsieprotokol wat as vertrekpunt dien en wat 'n mens dan hier beskikbaar kan stel vir toekomstige gebruikers.
Ek dink ook ons sal probeer om dit sistematies te doen deur gebruik te maak van die "Python Wikipedia Robot Framework". Ons is nog eers besig om die kode te verken, ook met die ondersteuning van Naudefj
Tot slot, oor die nie-sillabiese annotasie: Anna Coetzee het, na my wete, in haar werk altyd breking met 'n halfvokaal aangedui, dus bv. iets soos [mɔʲi]. Soos jy sê, 'n mens sou seker vir ure hieroor kon argumenteer; dalk kom 'n mens dan nie eers by 'n antwoord uit nie ... Die AWS se houding was dus 'n bietjie pragmaties: Transkribeer sonder die fynste fonetiese wisseling wat moontlik is, maar verskaf 'n transkripsie wat so algemeen as moontlik geld.
Dankie vir al jou antwoorde. Gewaardeerd! Geebee100 (kontak) 14:37, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Arabiese transliterasie wysig

Wat is die bron vir die Arabiese transliterasies wat gebruik word in die Afrikaanse Wiktionary? Geebee100 (kontak) 06:07, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Ek het geen idee. Manie het dit ingevoer en hy is lank weg. Jcwf (kontak) 10:54, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
As die geldigheid (en bron) hiervan nie geverifieer kan word nie, sal dit nie beter wees om dit liewer sistematies te verwyder nie? Dis tog eintlik mos 'n beginsel van Wikimedia dat inligting ten minste geverifieerd aangebied moet word? Hoor graag wat jou gevoel hieroor is. Geebee100 (kontak) 14:39, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Nee Jcwf (kontak) 15:46, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Miskien moet jy hierdie bladsy gaan lees: https://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Verifiability. Dit sal jou dalk help om my vraag beter te verstaan? Of geld dit dus nie Wiktionary nie? Geebee100 (kontak) 05:25, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Ek glo die Arabiese transliterasies kan redelik maklik bevestig word. Dit is net Afrikaans met 'n ander alfabet. Dit behoort standaardreëls te hê, maar ek is nie so talentvol nie. PixelVulpix (kontak)
Dankie, PixelVulpix. Die enigste transliterasiereëls waarvan ek bewus is, is dié wat Achmat Davids in sy verhandeling The Afrikaans of the Cape Muslims from 1815 to 1915 (onlangs gepubliseer as Die Afrikaans van die Kaapse Moslems) bespreek het. As dit die basis is van die inligting hier op Wiktionary, en as dit noukeurig ingevoer is, dan het ek vertroue daarin. Maar dit pla my dat 'n mens nie die betroubaarheid daarvan kan verifieer nie. Ken jy dalk vir Manie waarna vroeër verwys is? Geebee100 (kontak) 05:25, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Die Arabies was nog altyd verdag en ek het al talle kere onsuksesvol met Manie probeer kontak maak. Interessant genoeg kan mens die Arabiese teks kopieer en met Google Translate vertaal, wat jou soms (so amper) by die oorspronklike woord terugbring. As voorbeeld: "Mooi" -> "مَُويْ" -> "Moi". Ander werk weer glad nie: "baie" -> "بَیِی" -> "PII". Groete. Naudefj (kontak) 05:48, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Ah, dankie, Naudefj. Dis 'n slim verifikasiemetode waaraan ek nie gedink het nie. Gegewe die tekortkominge van Google Translate kan 'n mens natuurlik nie volkome daarop vertrou nie, maar by 'n gebrek aan ander metodes, gee dit al 'n eerste aanduiding.
Ek probeer ook in my netwerke bepaal of Afrikaans enigsins nog produktief in Arabiese skrif voorgestel word. Tot dusver kon niemand nog bevestig dat dit wel só gebruik word nie. Dit blyk op hierdie stadium of dit slegs die oudste geskrifte in Afrikaans is wat in Arabiese skrif geskryf is, maar nie meer hede den dage nie. 'n Mens sou dan natuurlik kon wonder of dit dan nodig is hier? Ek sal in ieder geval laat weet as iemand met nuwe inligting vorendag kom. Geebee100 (kontak) 08:29, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Ek het oral rondgevra en geskryf en dit blyk dat die Arabiese skrifvorm van die 1800's (soos wyd bekend is) tot die 1950's in Moesliem- religieuse tekste gebruik is. 'n Mens moet dus wonder waarom woorde soos dievolgende in Arabiese skrif aangebied word:
Dat 'n woord soos wafaat of berg of hen in Arabiese skrif voorgestel word, sou natuurlik sin kon maak teen die religieuse agtergrond wat ek hier bo noem. In sulke gevalle sou 'n mens natuurlik sonder meer die Arabieseskrifinligting wou behou.
My voorstel is dus dat 'n mens alles met Arabiese skrif onttrek, evalueer en dan besluit wat behou moet word en wat nie.
Geebee100 (kontak) 04:27, 30 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Spelling tot 1909 wysig

 
Dié berig oor die Akademie se stigting het in die koerant Het Westen verskyn.

Wat is die bron vir die inligting onder "Spelling tot 1909"? En wat is die noodsaak hiervan? En waarom spesifiek 1909? Ek sien byvoorbeeld onder "mooi" die volgende vorme: mooi-ër, mójer, mó-jer. Waarom is daar koppeltekens in mooi-ër en mó-jer? Is dit inderdaad so gespel? Geebee100 (kontak) 06:11, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Dit is ook Manie se erfenis. Jcwf (kontak) 10:54, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Insgelyks, as die korrektheid en geldigheid hiervan nie kontroleerbaar is nie, moet ons dit nie liewer verwyder nie? Ek sou veel eerder wou sien dat 'n mens van die vroeë Afrikaanse woordelyste as basis gebruik om van die inligting outomaties te kontroleer; waar dit wel geverifieer kan word, die data te behou; en dan die bronverwysing by te voeg. Jou gevoel? Geebee100 (kontak) 14:45, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Nee
Ek het namelik baie meer respek vir iemand baie meer werk verrig het as jy. En wat kennis het gehad van aspekte van die Afrikaanse taal wat jy dalk nie besit nie of nie wil besit nie.Jcwf (kontak) 15:48, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Ag, aarde, ek het nie tyd vir sulke disrespekvolle kommunikasie nie. En ek is nogal deur ander gebruikers gewaarsku teen jou ... Onthou asb. dat Wikipedia/Wiktionary groter is as jy (en jou ego), Jcwf.
Ek hoor graag wat ander gebruikers se gedagtes is. Geebee100 (kontak) 05:02, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Die spelling voor 1909 kom moontlik uit S.J. du Toit se "Patriot woordeboek", maar ek het nie nou tyd om te bevestig nie. Dis ook opmerklik dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1909 gesig is (enkele jare na die aanvang van Tweede Taalbeweging). Groete. Naudefj (kontak) 06:07, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Dankie, Naudefj. Ek onderneem om 'n paar sistematiese steekproewe te doen om te sien of die "Patriot woordeboek" inderdaad die bron hiervoor is. Ek neem aan ek kan al die woorde wat só gemerk is op Wiktionary sal kan onttrek; ek beskou dit as deel van my leerkurwe op Wiktionary :-) Geebee100 (kontak) 08:34, 29 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Ek kon nog nie 'n manier kry om alle woorde met "Spelling voor 1909" te onttrek nie en het daarom gebruikgemaak van "Lukrake Afr. woord" (in die linkerkantse menu) om 'n dertigtal gevalle te ondersoek. As vergelykende bronne het ek Du Toit & Kie se Patriot-woordeboek (1902; 1968-uitgawe) en Van der Merwe se Vroeë Afrikaanse woordelyste (1971) gebruik. Ek moet helaas rapporteer dat ek slegs 'n enkele geval in enige van hierdie bronne kon opspoor, te wete "form" onder vorm ... Enkele voorbeelde van woorde wat ek ondersoek het:
Afrikaner, mooi (se ander woordvorme), aanwysende voornaamwoord (gesoek as afsonderlike woorde), voltooid verlede tyd (gesoek as afsonderlike woorde), Februarie, en so meer.
Ek is dus helaas steeds nie oortuig van die korrektheid van die inligting wat hier op Wiktionary verskaf word nie. Ek sou dus twee voorstelle wou maak:
  1. Dat 'n mens alle bestaande inligting onder "Spelling voor 1909" onttrek en sistematies kontroleer; en
  2. Dat 'n mens probeer om die woordelyste in bogenoemde bronne te onttrek en in te voeg by bestaande en nuwe inskrywings hier op Wiktionary (en dan sulke bladsy te voorsien van 'n verwysing met behulp van die templaat.
Geebee100 (kontak) 04:45, 30 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Wysigings aan sjablone? wysig

M.b.t. tot die sjablone:

  1. Waarom word die begrip "teengesteldes" in !-- Teengesteldes -- gebruik? Bedoel dit eintlik "teenoorgesteldes", oftewel "antonieme"? As die term "sinonieme" in !-- Sinonieme -- gebruik word, sou ek graag wou voorstel dat 'n mens !-- Antonieme -- en Sjabloon:-anto- gebruik.
  2. Ek sou ook graag wou sien dat !-- Antonieme -- direk op !-- Sinonieme -- volg, aangesien hulle konseptueel verbandhoudend is (d.i. op semantiese verhoudings dui).
  3. Ek besef dit is onnodig punteneurig, maar kan Sjabloon:-afgelyd.w- en ====     Afleiding ==== nie maar onderskeidelik Sjabloon:-afgeleid.w- en Sjabloon:-afleid- word nie?
  4. Ook punteneurig, maar kan ===  Telwoord=== nie maar Sjabloon:-telw- word nie? Dit volg dan nie net die patroon van die ander gevalle nie (bv. ===  Voegwoord===, ens.), maar ook die amptelike afkorting vir dié woordsoort. Insgelyks sou 'n mens kon oorweeg om Sjabloon:-werkw- te vervang met die goed gevestigde afkorting "ww." – dus iets soos Sjabloon:-ww-.
  5. Konseptueel hoort !-- Afleiding -- vir my nie waar hy tans staan nie, maar eerder nader aan !-- Woordsoort --, en eintlik liefs naby iets soos !-- Etimologie --.
  6. Sou !-- Etimologie -- in alle sjablone bygevoeg kon word?
  7. Onder !-- Afleiding -- kan die gedeelte :Van ... afgelei. eerder wees: Afgelei van .... Sowieso moet die ellipsstippels m.i. tussen dubbele blokhakies wees.

Geebee100 (kontak) 06:40, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

'n Gedeelte van die antwoorde op jou vrae vind jy as jy die 'wysig'-knoppie druk en kyk onder die bewerkingsvlak. Links sien jy 'n drop down wat 'Wiktionary' sê. Regs daarvan sien jy heelparty sjablone wat die huidige formaat weergee in hulle juiste volgorde. Ons (eintlik: ek, want ons het stilgestaan) gebruik ook liewer sinoniem en antoniem. Die sjabloon vir werkwoord heet {{-ww.-}}. 'n Sjabloon {{-afgelyd.w-}} bestaan glad nie. Die sjabloon {{afgeleid}} stel mens is staat om woorde te wys wat afgeleides is van die lemmawoord en hou min met die woordsoort en glad niks met die lemmawoord se etimologie verband nie. Ja, jy sou {{-telwd-}} kan verander in {{-telw-}} maar vergeet nie dat dit baie werk oplewer nie wat van jou sal moet kom. Dieselfde geld vir etimologie. Etimologieë kan nie altyd terggevind word nie en lewer baie werk op. Dubbele blokhakies skep 'n wikiskakel en kan dus nie rond ellipsstippels gebruik word nie.

Jcwf (kontak) 10:46, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Ek het my boodskap baseer op die inligting wat hier beskikbaar is: https://af.wiktionary.org/wiki/Wiktionary:Sjabloon/Afrikaans. Daar word byvoorbeeld verwys na Sjabloon:-werkw-, ====     Afleiding ====, en so meer. Ek sien dan wel onderaan die bladsy (soos jy aangedui het) ===  Werkwoord===, Sjabloon:-antonieme-, ens. Dit lyk dus asof die teks by die skakel hier bo nie korreleer met die werklikheid nie. Dit is nogal vir nuwelinge soos ek erg verwarrend. Kan ons dus die bladsy bywerk, sonder dat iemand te kwaad gaan wees? Ek is net nogal bang, juis omdat ek 'n nuweling is hier.
Kan iets soos ===  Telwoord=== nie deur 'n robot verander word na Sjabloon:-telw.- nie? Waar dien 'n mens sulke versoeke in?
Die beste kan jy dit hier indien. Jcwf (kontak) 15:50, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]
Wat ek ook bedoel het met ... is dat daar op bogenoemde bladsy gebruikgemaak word van ... om te illustreer dat die ellipsstipels met die woord vervang moet word. Dis nou as ek dit reg verstaan ... Geebee100 (kontak) 14:56, 28 Julie 2019 (UTC)[antwoord]

Update on the consultation about office actions wysig

Hello all,

Last month, the Wikimedia Foundation's Trust & Safety team announced a future consultation about partial and/or temporary office actions. We want to let you know that the draft version of this consultation has now been posted on Meta.

This is a draft. It is not intended to be the consultation itself, which will be posted on Meta likely in early September. Please do not treat this draft as a consultation. Instead, we ask your assistance in forming the final language for the consultation.

For that end, we would like your input over the next couple of weeks about what questions the consultation should ask about partial and temporary Foundation office action bans and how it should be formatted. Please post it on the draft talk page. Our goal is to provide space for the community to discuss all the aspects of these office actions that need to be discussed, and we want to ensure with your feedback that the consultation is presented in the best way to encourage frank and constructive conversation.

Please visit the consultation draft on Meta-wiki and leave your comments on the draft’s talk page about what the consultation should look like and what questions it should ask.

Thank you for your input! -- The Trust & Safety team 08:02, 16 Augustus 2019 (UTC)

New tools and IP masking wysig

14:19, 21 Augustus 2019 (UTC)

The consultation on partial and temporary Foundation bans just started wysig

-- Kbrown (WMF) 17:14, 30 September 2019 (UTC)[antwoord]

Feedback wanted on Desktop Improvements project wysig

07:15, 16 Oktober 2019 (UTC)

Community Wishlist 2020 wysig

 

IFried (WMF) 19:30, 4 November 2019 (UTC)[antwoord]

Wiki Loves Folklore wysig

 

Hello Folks,

Wiki Loves Love is back again in 2020 iteration as Wiki Loves Folklore from 1 February, 2020 - 29 February, 2020. Join us to celebrate the local cultural heritage of your region with the theme of folklore in the international photography contest at Wikimedia Commons. Images, videos and audios representing different forms of folk cultures and new forms of heritage that haven’t otherwise been documented so far are welcome submissions in Wiki Loves Folklore. Learn more about the contest at Meta-Wiki and Commons.

Kind regards,
Wiki Loves Folklore International Team
— Tulsi Bhagat (contribs | talk)
sent using MediaWiki message delivery (kontak) 06:14, 18 Januarie 2020 (UTC)
[antwoord]

Movement Learning and Leadership Development Project wysig

Hello

The Wikimedia Foundation’s Community Development team is seeking to learn more about the way volunteers learn and develop into the many different roles that exist in the movement. Our goal is to build a movement informed framework that provides shared clarity and outlines accessible pathways on how to grow and develop skills within the movement. To this end, we are looking to speak with you, our community to learn about your journey as a Wikimedia volunteer. Whether you joined yesterday or have been here from the very start, we want to hear about the many ways volunteers join and contribute to our movement.

To learn more about the project, please visit the Meta page. If you are interested in participating in the project, please complete this simple Google form. Although we may not be able to speak to everyone who expresses interest, we encourage you to complete this short form if you are interested in participating!

-- LMiranda (WMF) (talk) 19:01, 22 Januarie 2020 (UTC)[antwoord]

Additional interface for edit conflicts on talk pages wysig

Sorry, for writing this text in English. If you could help to translate it, it would be appreciated.

You might know the new interface for edit conflicts (currently a beta feature). Now, Wikimedia Germany is designing an additional interface to solve edit conflicts on talk pages. This interface is shown to you when you write on a discussion page and another person writes a discussion post in the same line and saves it before you do. With this additional editing conflict interface you can adjust the order of the comments and edit your comment. We are inviting everyone to have a look at the planned feature. Let us know what you think on our central feedback page! -- For the Technical Wishes Team: Max Klemm (WMDE) 14:14, 26 Februarie 2020 (UTC)[antwoord]

Feedback on movement names wysig

Hallo. Apologies if you are not reading this message in your native language. Help met die vertaal na uw taal if necessary. Baie dankie!

There are a lot of conversations happening about the future of our movement names. We hope that you are part of these discussions and that your community is represented.

Since 16 June, the Foundation Brand Team has been running a survey in 7 languages about 3 naming options. There are also community members sharing concerns about renaming in a Community Open Letter.

Our goal in this call for feedback is to hear from across the community, so we encourage you to participate in the survey, the open letter, or both. The survey will go through 7 July in all timezones. Input from the survey and discussions will be analyzed and published on Meta-Wiki.

Thanks for thinking about the future of the movement, --The Brand Project team, 19:39, 2 Julie 2020 (UTC)

Note: The survey is conducted via a third-party service, which may subject it to additional terms. For more information on privacy and data-handling, see the survey privacy statement.

Announcing a new wiki project! Welcome, Abstract Wikipedia wysig

Sent by m:User:Elitre (WMF) 20:13, 9 Julie 2020 (UTC) - m:Special:MyLanguage/Abstract Wikipedia/July 2020 announcement [antwoord]

Technical Wishes: FileExporter and FileImporter become default features on all Wikis wysig

Max Klemm (WMDE) 09:13, 6 Augustus 2020 (UTC)[antwoord]

Important: maintenance operation on September 1st wysig

Trizek (WMF) (talk) 13:49, 26 Augustus 2020 (UTC)[antwoord]

Invitation to participate in the conversation wysig

Wiktionary sitelinks dashboard: URL update wysig

Hello all, and sorry for writing in English. Feel free to translate this message below.

The Wiktionary Cognate Dashboard presents interesting data about the extension powering your sitelinks. I just wanted to let you know that the URL of this tool changed: it is now accessible at https://wiktionary-analytics.wmcloud.org/Wiktionary_CognateDashboard/ . The former URLs, https://wmdeanalytics.wmflabs.org/Wiktionary_CognateDashboard/ and https://wdcm.wmflabs.org/Wiktionary_CognateDashboard/ , will be disabled on September 25th. Don't forget to update your documentation pages accordingly.

If you have questions about the tool or the URL switch, feel free to ping me. Cheers, Lea Lacroix (WMDE) 11:46, 14 September 2020 (UTC)[antwoord]

Wiki of functions naming contest wysig

21:16, 29 September 2020 (UTC)

Call for feedback about Wikimedia Foundation Bylaws changes and Board candidate rubric wysig

Hallo. Apologies if you are not reading this message in your native language. Help met die vertaal na uw taal.

Today the Wikimedia Foundation Board of Trustees starts two calls for feedback. One is about changes to the Bylaws mainly to increase the Board size from 10 to 16 members. The other one is about a trustee candidate rubric to introduce new, more effective ways to evaluate new Board candidates. The Board welcomes your comments through 26 October. For more details, check the full announcement.

Baie dankie! Qgil-WMF (talk) 17:11, 7 Oktober 2020 (UTC)[antwoord]

Important: maintenance operation on October 27 wysig

-- Trizek (WMF) (talk) 17:12, 21 Oktober 2020 (UTC)[antwoord]

Wiki of functions naming contest - Round 2 wysig

22:11, 5 November 2020 (UTC)

2021 enquête over de verlanglijst van de gemeenschap wysig

 

De 2021 enquête over de verlanglijst van de gemeenschap is nu geopend! De enquête is de manier waarmee gemeenschappen bepalen waar het Community Tech team volgend jaar aan moet gaan werken. We moedigen iedereen aan om voorstellen in te dienen voor de deadline op 30 November, of om te reageren op andere voorstellen om ze te helpen verbeteren. De gemeenschappen stemmen op de voorstellen tussen 8 Desember en 21 Desember.

Het Community Tech team is gefocussed op hulpmiddelen voor ervaren Wikimedia bewerkers. U kunt voorstellen in elke taal opstellen en wij vertalen deze. Bedankt en we kijken uit naar uw voorstellen!

SGrabarczuk (WMF) 05:11, 20 November 2020 (UTC)[antwoord]

Global bot policy proposal: invitation to a Meta discussion wysig

Wikidata descriptions changes to be included more often in Recent Changes and Watchlist wysig

2020 Coolest Tool Award Ceremony on December 11th wysig

Onderzoek naar het Verlanglijstje van de Wikipedia-gemeenschap 2021 wysig

SGrabarczuk (WMF)

15:05, 11 Desember 2020 (UTC)

Universal Code of Conduct enforcement consultations wysig

Dear all,

you may know me under my Wikimedia username – Nadzik. I came here last year to contribute to your project as well as I can. I am sorry for writing to you in English, but this will make the message more understandable, than using an automatic translator. Feel free to translate my post!

Over the next few weeks, Wikimedia Foundation will be consulting on the implementation and the enforcement of the Universal Code of Conduct, which will constitute an appendix to the currently applicable Terms of Use.

What is the Universal Code of Conduct? wysig

The UCoC is intended to serve as a document that will incorporate the basic standards of behaviour in order to standardize them across all Wikimedia projects. It aims to include a list of inappropriate behaviours that will not be accepted in our projects, and also takes care of the safety of all users.

It is also intended to provide a common ground in those communities that do not have their own specific regulations and rules on this subject. It will widely help smaller and younger projects that have not yet had the opportunity to write down their own rules related to the inappropriate behaviour of their contributors.

Consultations carried out in 2019 and in the first half of 2020 allowed for the preparation of a preliminary proposal of rules, however, there are still no provisions related to the implementation of the UCoC. To this end consultations started in many Wikimedia project communities.

How will the consultations work? wysig

In January and February 2021, nine language facilitators from the Wikimedia Foundation will engage in a series of consultations with different language communities (including Wikidata and Commons user communities). I've also asked to be allowed consulting with the Afrikaans community, as I've had the pleasure to work with some of you before. In the coming weeks, we will have the opportunity to talk together about your views, visions and ideas for implementation in connection with the introduction of UCoC .

The goal of the Wikimedia Foundation is to obtain information from various communities, and only on the basis of the currently conducted consultations, our team will prepare and present reports and various possibilities of implementing UCoC into force. I encourage everyone to share their opinion with me and with other members of our community. Starting in February, some of you may also be contacted by a dedicated affiliate outreach or user group outreach.