aardalkalimetaal

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  aardalkalimetaal     aardalkalimetale  

  Etimologie

Samestelling van alkali, aard (met betrekking tot die Aarde) en metaal.

  Woordafbreking

aard•al•ka•li•me•taal

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(chemie) 'n Chemiese element in groep twee van die periodieke tabel, met twee elektrone in hulle buitenste skille wat maklik met ander elemente reageer.

     Voorbeeldsinne

Alle aardalkalimetale is onedele metale en die oksiede is basisse.

     Hiponieme

berillium, magnesium, kalsium, stronsium, barium, radium

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels alkaline earth metal(en)
Nederlands aardalkalimetaal(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor aardalkalimetaal.