edelgas

Edelgasse in gasontladingslampe

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
  edelgas     edelgasse  

  Etimologie

Samestelling van edel en gas.

  Woordafbreking

edel•gas

  Selfstandige naamwoord

     Betekenisse

(chemie) 'n Chemiese element wat baie onreaktief is en geen verbindings vorm nie.

     Voorbeeldsinne

Kenmerkend van 'n edelgas is dat die s- en p-orbitale volledig gevul is; dit is ook reuk- en kleurloos.

     Hiponieme

helium, neon, argon, kripton, xenon, radon

     Vertalings

  Vertalings:   
Engels noble gas(en)
Nederlands edelgas(nl)

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor edelgas.